TEL+27 (0) 21 855 0443



ILALA LODGE 

 'n Luukse boetiekhotel binne loopafstand van die Victoria-watervalle

Die Ilala Lodge is ‘n intieme boetiekhotel baie naby aan die Victoria-watervalle in Zimbabwe. Wel, eintlik is die Lodge so naby aan die watervalle, dat jou gesig klam sal word van die waterval se fyn sproei as jy in die tuine by die Ilala Lodge rondstap!

Soos ‘n mens van ‘n boetiekhotel verwag, is die dekor klassiek, onderbeklemtoon en laat ‘n mens dink aan ‘n era van ontdekking en avontuur.

Die Ilala Lodge by die Victoria-watervalle het een restaurant die klassieke Palm Restaurant (met ‘n a la carte spyskaar en verskillende wildsvleise). Die swembadkroeg bied yskoue drankies en ‘n verskeidenheid skemerkelkies aan.
 
As jy ‘n adrenalienverslaafde is, is die dorpie Victoria Falls jou tuisveld. Hier sal jy aan ‘n reuse verskeidenheid aksiebelaaide avonture kan deelneem, van vliegtuigritte (in ‘n ligte vliegtuigie) oor die watervalle, “river rafting” op stroomversnellings, kajakroei op die Zambezi-rivier, reksprong (“bungi jumping”) van die brug by Victoria Falls (vir die waaghalse), ‘n olifantrit, of swem in die “Duiwel se Poel” (‘n klein rotspoel reg op die rand van die Victoria-watervalle). As jy hierdie swemondervinding heelhuids oorleef, het jy eerlikwaar die hart van ‘n Afrika-leeu!

  

 

ZIMBABWE

Ilala Lodge het 'n suster lodge naamlik die Victoria Falls Ruskamp. Hulle bied selfsorg akkommodasie binne loopafstand van die Victoria waterval. Van Victoria Falls sal dit ongeveer 8 uur neem tot by die Karibadam waar Ilala Lodge die Caribbea Bay Hotel en oord aanbeveel.  Dit is die mees luukste hotel inKariba

As jy suid wil reis beveel Ilala Lodge die Lodge at the Ancient City naby die Great Zimbabwe Monumentaan vanwaar jy die Zimbabwe ruines kan sien.

NAMIBIE AKKOMMODASIE

Reis wes vanaf Ilala Lodge na Botswana en dan deur die Chobe Nasionale park tot by die Namibiese grens en die Caprivi strook wat nou die Zambezi distrik genoem word. As jy op 'n familie vakansie is spandeer gerus 'n paar nagte by Ngepi kamp op die oewers van die Kavango of Okavango Rivier. Jou volgende stop kan beslis die bekende Etosha Nasionale Park wees waar jy uit 'n groot verskeidenheid akkommodasie kan kies. Van hier kan jy wes tot in Damaraland ry waar Ugab Terrace Lodge jou sal beindruk met sy uitig op die Vingeklip. As daar nie kamers beskikbaar is by Ugab Terrace Lodge nie kan jy by die Vingerklip Lodgebly.

In skerp kontras met die baie water van Victoria valle is Sossusvlei in die Namib Woestyn. Hier is geen opervlak water nie, maar jy sal bekoor word deur die wêreld se hoogste sanduine. Sossusvlei Desert Campby Sessriem bied luukse selfsorg akkommodasie wat jou beslis sal beindruk.